Driehoekstraat 19, Vleesbaai

Driehoek Straat 19 bied jou ‘n moderne, selfsorg eenheid in Vleesbaai op die Tuin roete. Dit is idiaal vir ‘n klein famlie of ‘n groep vriende. Die eenheid by die stil, skilderagtige strand dorpie is 60km vanaf die George lughawe en 20 minute vanaf Mosselbaai. Dit bied jou ‘n pragtige see uitsig waar dolfyne en walvisse in seisoen speel.

Die woonstel bied akkommodasie vir 4 volwassenes en 1 kind, en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer (met skuifdeure na buite) het ‘n queen size bed en die tweede slaapkamer het twee enkel beddens. Die woonkamer het ‘n uittrek bank wat tot twee kinders kan akkommodeer. Daar is ‘n badkamer met ‘n stort, aparte toilet en wasbak. Linne word voorsien, maar gaste word versoek om eie handdoeke te bring.

Die oopplan eenhied het ‘n kombuis en ‘n ruim leefarea. Die kombuis is ten volle toegerus met ‘n oond, twee induksie plate, mikrogolf, yskas/vriekas kombinasie, snackwitch, broodrooster, breekgoed, potte, panne en eetgerei in ‘n ruim ontbyt hoekie met 6 stoele. Vanuit die kombuisarea is die leefarea met gemaklike meubels, ‘n smart TV en ‘n uittrek bank (sleeper couch).

Deur die skuifdeure is ‘n onderdak patio met ‘n pragtige see uitsig, tafel, stoele en ‘n lekker, groot vlekvrye staal braai in die tuin.

Die eenheid bied:

  • Solar krag, so beurtkrag is nie ‘n problem nie
  • ‘n Aparte waskamer met ‘n automatiese wasmasjien.
  • Veilige onderdak parkering
  • Stapafstand na die hoofstrand deur ‘n mooi voetpaaidjie

Skakel Aïda op 083 704 4162 of mail ons ons by info@19driehoekstraat.co.za

Ongelukkig geen troetel diere (die eenheid is nie omhein nie) en rook verbode binne die gebou.